Close Menu
  • Home
  • Local News
  • Politics
  • Business
  • Living
  • Sports
  • Technology
  • Editor’s Choice
  • Press Release
  • Web Stories
What's On

These almost black oranges turn heads

April 18, 2026

Sundowns are delighting the fans with the delicacy of the CAF match

April 18, 2026

He will present crime and teenage pregnancy through a play

April 18, 2026

More protection against unsolicited marketing calls

April 18, 2026

He paid tribute to Molo’s friend in the album that he won

April 18, 2026
Facebook X (Twitter) Instagram
Web Stories
Facebook X (Twitter) Instagram
Times Network
Subscribe
  • Home
  • Local News
  • Politics
  • Business
  • Living
  • Sports
  • Technology
  • Editor’s Choice
  • Press Release
  • Web Stories
Home » 76-jarige man kritiek ná plaasaanval in Limpopo
Business

76-jarige man kritiek ná plaasaanval in Limpopo

By staffFebruary 22, 20263 Mins Read
76-jarige man kritiek ná plaasaanval in Limpopo
Share
Facebook Twitter LinkedIn Pinterest Email

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Lorraine Claasen)

Johan van Eck, ʼn 76-jarige boer van die Trichardtsdal-omgewing in Limpopo, veg tans om sy lewe nadat hy Saterdagoggend wreedaardig met kapmesse op die plaas Carpe Diem aangeval is.

Volgens voorlopige inligting was Van Eck besig om sy laaste besittings op die plaas op te laai omdat hy besig was om te verhuis toe twee onbekende aanvallers hom in sy woning se badkamer oorval het.

Daar word verneem dat Van Eck R5 000 kontant by hom gehad het wat bedoel was om werkers mee te betaal, maar die aanvallers is met die geld daar weg.

Van Eck het dapper teen sy aanvallers geveg, maar het veelvuldige steek- en snywonde aan sy kop, arms en rug opgedoen.

Die plaasbestuurder het kort ná die voorval op Van Eck afgekom en onmiddellik noodhulp ontbied. Hy is in ʼn kritieke toestand in die Hoedspruit- private hospitaal opgeneem waar hy tans behandeling ontvang.

Die polisie asook lede van die Hoedspruit- en die Ofcolaco-plaaswag het vinnig op die aanval gereageer.

Plaaswaglede het met behulp van spoorsnyerhonde die verdagtes se spore tot in die Lorraine-woongebied gevolg, waar dit egter doodgeloop het.

Die polisie se speurders, lede van misdaadintelligensie en ʼn spesiale opsporingspan is reeds by die ondersoek betrek om die skuldiges vas te trek. Daar word gehoop dat waardevolle leidrade in die Lorraine-gemeenskap spoedig tot inhegtenisnemings kan lei.

Pieter Gerber, ʼn raadslid en streeksameroeper van die VF Plus wat self deel van die plaaswagstrukture is, monitor die situasie van naby en is in noue kontak met die betrokkenes op die toneel.

VF Plus veroordeel ‘wrede aanval’

André Moss, VF Plus-LPW en die party se provinsiale leier, het sy skok oor die gebeure te kenne gegee en beklemtoon dat die wreedheid van die aanval die party diep geraak het.

“Hierdie voorval dien as ʼn skerp herinnering dat landelike gemeenskappe nooit hul waaksaamheid kan verslap nie. Die aard en tydsberekening van die aanval toon dat misdadigers dikwels toeslaan wanneer mense dit die minste verwag.”

Moss het verder uitgebrei oor die belangrikheid van paraatheid in afgeleë gebiede en die noodsaaklikheid van goeie samewerking tussen veiligheidstrukture om sulke tragedies te voorkom.

“Volgehoue paraatheid, samewerking tussen plaaswagstrukture en die gemeenskap, en ʼn sigbare teenwoordigheid van die polisie, bly noodsaaklik om die veiligheid van inwoners te beskerm.”

Die VF Plus het sy innige meegevoel met Van Eck en sy familie in hierdie traumatiese tyd betuig en hom ʼn spoedige en volkome herstel toegewens.

“Ons doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom sodat die skuldiges voor die gereg gebring kan word,” het Moss gesê.

Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Tumblr Email

Keep Reading

These almost black oranges turn heads

He will present crime and teenage pregnancy through a play

More protection against unsolicited marketing calls

He paid tribute to Molo’s friend in the album that he won

SA blood service celebrates a quarter of a century – Maroela Media

Search after murder of four young people in Walmer

Adriaan Snyman is suing the state for millions in damages

Get in the habit of getting checked by a doctor to avoid silent illnesses

Farm murder suspect among six arrested in KZN

Editors Picks

Sundowns are delighting the fans with the delicacy of the CAF match

April 18, 2026

He will present crime and teenage pregnancy through a play

April 18, 2026

More protection against unsolicited marketing calls

April 18, 2026

He paid tribute to Molo’s friend in the album that he won

April 18, 2026

Subscribe to News

Get the latest south africa news and updates directly to your inbox.

Latest News

SA blood service celebrates a quarter of a century – Maroela Media

April 18, 2026

Search after murder of four young people in Walmer

April 18, 2026

Lebanese man removes Israeli flag from castle in southern Lebanon | Newsfeed

April 18, 2026
Facebook X (Twitter) Pinterest Instagram
© 2026 Times Network. All Rights Reserved.
  • Privacy Policy
  • Terms
  • Accessibility

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.